Inleiding
Speaker, lede van die Uitvoerende Burgemeesterskomitee, raadslede, munisipale bestuurder, direkteure, munisipale amptenare en verteenwoordigers van die publiek en media.
Dit is vir my ‘n voorreg om my eerste begrotingsrede in my termyn as Uitvoerende Burgemeester van Theewaterskloof Munisipaliteit te lewer.
Die konsepbegroting wat vandag voor u dien, is die produk van uitstekende samewerking tussen die korporatiewe en politieke administrasies van die munisipaliteit en die publiek.
Ligpunte
Hoewel die samestelling van dié jaar se begroting, weens potensiële veranderlikes, soos die onbeheersde vestiging van onwettige menslike nederesettings en die komplekse diensbehoeftes van sulke woongebiede, ‘n groot uitdaging was, is daar tog ligpunte:
Die behoeftes, soos in die GOP aangedui, is omvattend en die munisipaliteit het gewoon nie die geld om alles te befonds nie.
Dit wat wel by die begroting ingesluit is sal ‘n positiewe uitwerking op dienslewering en gemeenskapslewe hê.
Ek wil byvoeg dat, weens uitstekende kommunikasie op verskeie vlakke en die unieke aard van die GOP en begroting se publieke deelnameprosesse, ek van mening is dat meeste mense in Theewaterskloof bewus is van en begrip het vir die owerheid se finansiële- en kapasiteitsbeperkinge
Die primêre klem is egter op die verligting van die lot van die heel armstes en die voorsiening van basiese dienste aan deernisfamilies.
Dié begroting sal die omstandighede van deernisgesinne verbeter en die verhouding tussen die owerheid en sy kliënte verbeter.
Met dié begroting poog die munisipaliteit om na die beste van sy vermoë, dienste aan tarief- en belastingbetalers te lewer.
Inwoners kry nie noodwendig waarvoor hul meen hul betaal nie, en hul het straks ‘n groot deel van die nasionale regering se verpligtinge teenoor die armes oorgeneem, maar ons het ons bes gedoen om so veel as waartoe ons instaat is terug te gee.
Speaker, ek is optimisties dat ons marginale vordering sal maak met die verbreeding van die volhoubaarheid van infrastruktuur en gevolglik ook dienslewering.
Vanjaar is die begrote verhoging in die munisipaliteit se elektristeitstarief slegs 1.88% en sal dit waarskynlik die vermelde gaping laat krimp.
Dié situasie het nou ‘n versadigingspunt bereik en die munisipaliteit finansieël blootgestel.
Inwoners het hul verbruik van dié komoditeite verminder en die munisipaliteit se inkomste het gedaal.
Daar is dus begin om die Munisipaliteit meer belastings- as diensfinansierd te maak. In dié begroting is die tariefstygings relatief laag en is die klem op belasting om inkomste te verhoog.
Die realiteit is dat Nasionale Regering sy finansiële verpligtinge teenoor munisipaliteite inkort terwyl armoede eskaleer.
Dit gaan nie in die afsienbare toekoms verander nie, omdat die land taai ekonomiese uitdagings en ander krisisse in die gesig staar.
Plaaslike regerings word gedwing om toenemend op eie finansiële bronne te oorleef en om veral belastings te verhoog.
Daar word nie genoeg gedoen om nasionale ekonomiese groei te versnel of ‘n omgewing te skep wat by beleggers vertroue inboesem nie.
Korupsie is nie net besig om van ons armes verder te verarm nie, maar ontneem ook munisipaliteite van fondse.
Om die munisipaliteit se belastingsbasis en tariefinkomste te verbreed moet die munisipaliteit plaaslike ekonomiese groei versnel.
Die begroting reflekteer hierdie behoefte terwyl die beoogde herstrukturering van die administrasie, onder andere, juis gedoen word om strukture te skep om die ekonomiese en inkomstebronne te verbreed.
Die aandrang op elektrisiteitsvoorsiening aan huise in Villiersdorp se informele vestigings hou ‘n bedreiging vir die begroting in.
Die munisipaliteit sal homself teen dienslewering aan informele woongebiede op besette staatsgrond moet verskans. Daar is gewoon nie geld op die begroting om onbeplande basiese dienste aan informele nedersettings te lewer nie.
Gegewe die omvang van skade weens protesoptogte en vandalisme sal die munisipaliteit planne moet beraam om dit tot die minimum te beperk.
NOTAS TER AGTERGROND VAN DIE BEGROTING
Die Medium Termyn Inkomste- en Uitgaweraamwerk (MTREF) vir 2017/18 tot 2019/20 is saamgestel om aan die vereistes van veral die volgende wette te voldoen:
Die Inkomste- en Uitgawe-projeksies het die jaarlikse inflasie-gekoppelde aanpassings, van toepassing op die Medium Termyn Inkomste- en Uitgaweraamwerk, in ag geneem.
Die primêre uitdagings wat ervaar is met die samestelling van die Medium Termyn Inkomste- en Uitgaweraamwerk vir 2017/18 word soos volg opgesom:
KERNPUNTE VAN DIE BEGROTING
Operasionele inkomste neem toe van R496,117 Miljoen in 2016/2017 tot R541,185 Miljoen in 2017/2018. Dit is ‘n toename van 9%.
Operasionele uitgawes styg van R476,067 Miljoen in 2016/2017 tot R498,831 Miljoen in 2017/2018. Dit is ‘n toename van 5%.
Die begrote surplus vir 2017/2018 is R42,355 Miljoen in vergeleke met die R20,050 Miljoen in 2016/2017.
Die kapitale begroting styg van R79,336 Miljoen in 2016/2017 tot R89,557 Miljoen in 2017/2018. Dit is ‘n toename van 13%.
Inkomste uit eiendomsbelasting sal met sowat R11 Miljoen styg (13%), dienstefooie met bykans R7 Miljoen (3.5%), operasionele toekennings met bykans R2 Miljoen (1,5%) en kapitale toekennings met bykans R16 Miljoen (34,8%).
Munisipale verhogings:
Die gemiddelde maandelikse invloed wat die stygings op bekostigbare- en middelinkomste-huishoudings gaan hê, is ‘n geskatte verhoging van onderskeidelik 6.3% en 6.6%.
Dit was nie maklik om die begroting op te stel nie en die proses het uitsonderlike kundigheid, harde werk en toewyding geverg.
Dit het vereis dat daar nuut en inoverend gedink moes word.
Ek meen die GOP en Begroting wat ons opgestel het reflekteer die belange van goeie regering, die munisipaliteit, en ons breër gemeenskap.
Hierdie is ‘n konsep-begroting en kan hersien en gewysig word.
Die begroting sal vir publieke insette adverteer word en ek vertrou dat alle belastingbetalers en bevoordeeldes dit sal bestudeer.
Die munisipaliteit sal kommentaar verwelkom en bied die versekering dat alle voorstelle en versoeke oorweeg sal word voor die finale begroting vir goedkeuring aan die Raad voorgelê word.
Ek bedank die waarnemende munisipale bestuurder en sy span vir hulle puik werk om die begroting te voltooi en te laat klop. Baie dankie aan my Uitvoerende Komitee en die Raad vir julle insette en harde werk.
Ek dank ons Hemelse Vader vir Sy rigtingwysing en omdat niks sonder Hom bereik kon word nie. Ek loof Hom.
Speaker, ek lê nou die begroting voor vir publikasie en publieke insette.
Ek dank u.
Raadslid Christelle Vosloo
Uitvoerende Burgemeester
Inthetho Yebahjethi - 2017/2018 – 2019/2020: Umasipala Wase-Theewaterskloof: Usodolophi Olawulayo
Intshayelelo
Somlomo, amalungu eKomiti kaSodolophu, ooceba, umphathi kamasipala, abalawuli, amagosa kamasipala kunye nabameli boluntu namajelo eendaba.
Kulilungelo elilodwa ukunikela intetho yam yokuqala yebhajethi kwixesha lam loba nguSodolophu kuMasipala waseTheewaterskloof.
Uyilo lwebhajethi phambi kwakho, yimveliso yentsebenziswano eyiyo phakathi kolawulo lweziko kunye nezopolitiko lukamasipala kunye noluntu.
Highligths
Nangona ukwakhiwa kwebhajeti yalo nyaka ngenxa yotshintsho obelukhona , olufana nokumiselwa okungalawulekiyo nokungekho sesikweni ukuhlala kwabantu kunye neemfuno zeenkonzo ezintsonkothileyo kubumelwane, kwaba ngumngeni omkhulu, kukho ezinye nezinye ezibalaseleyo:
Iimfuno, njengoko kubonisiwe kwi-IDP ngokubanzi umasipala akanayo imali yokuxhasa yonke into.
Ezo ziqukwe kule bhajethi ziza kuba nempembelelo entle ekunikezelweni kweenkonzo kunye nakubomi boluntu.
Ndongezelela oku, ngenxa yonxibelelwano olubalaseleyo kumanqanaba ahlukeneyo kunye nohlobo olulodwa lwe- IDP kunye nebhajethi yenkqubo yentatho-nxaxheba yoluntu, mna ndiyakholwa ukuba abantu abaninzi baseTheewaterskloof banolwazi nokuqonda kwizithintelo zemali kunye namandla egunya.
Ingqwalasela ephambili, Ngoko ke, xa kupheliswe iingxaki yezisweli namahlwempu kunye nokubonelela ngeenkonzo zesisiseko kwabangathathi ntweni.
Le bhajethi iza kuphucula iimeko zabangathathi ntweni kuphuculwe nobudlelwane phakathi kwegunya kunyebayo.
Ngale bhajeti umasipala ujolise konke okusemandleni akhe, kwiinkonzo zamaxabiso kunye nokubonelela abahlawuli berhafu.
Abahlali abafumani oko bacinga bayakuhlawulela ngokwe mbono yabo ayikho, mhlawumbi bathabathela phezu kwenxalenye enkhulu yezibophelelo zikarhulumente wesizwe kumahlwempu, kodwa senze konke okusemandleni ethu ukuze kangangoko oko sinako sikwazi ukubuyisela kuluntu.
Somlomo, mna ndilindele okuhle ukuba siza kwenza inkqubela kwidini ngokubanzi kuzinzo lwezibonelelo nokunikezelwa kwenkonzo.
Kulo nyaka, ukunyuka okubhajethelweyo kumaxabiso ombane kamasipala 1,88 % kuphela kwaye mhlawumbi kunganciphisa umsantsa okhankanyiweyo.
Le meko ifikelele kwiqondo ekungenakugqithwa kulo kwaye umasipala ubekhwe elubala ngokwezimali.
Abahlali baye banciphisa ukusebenzisa kwabo ukuthenga urhwebo kunye nengeniso kamasipala iye yehla.
Oku akuyi kutshintsha kwixesha elizayo ngokuba lemicelimngeni yelizwe enzima kwezoqoqosho nezinye iingxaki ilizwe elijongene nazo.
Oorhulumente basekhaya banyanzelwa ukuba baphile ngokunyusa izibonelelo zemali kunye nokokunyusa amaxabiso ingakumbi awerhafu.
Akwenziwa ngokwaneleyo ekukhawuleziseni ukukhula koqoqosho lwesizwe okanye ukudala isimo esingqongileyo nokuzethemba.
Urhwaphilizo lwenza ukuba amahlwephu ahlwemphuzeke ingakumbi abahluphekayo, kodwa kwakhona ihlutha oomasipala imali.
Ukwandiswa kwesiseko serhafu kumasipala kunye nengeniso kumele likhawulezise ukuze kukukhule uqoqosho lwengingqi.
Uhlahlo libonisa le mfuneko logama ekuhlengahlengisweni okucetywayo kulawulo, phakathi kwezinye izinto, lwenziwe ukudala ukwakhiwa kokwandisa kwemithombo yoqoqosho yengeniso.
Imfuno zombane ukugcina amakhaya ematyotyombeni Villiersdorp zenza zisongela ibhajethi
Umasipala kufuneka abiyele nxamnye kwinkonzo zamatyotyombe ekhiwe kumhlaba karhulumente. Ayikho imali kwibhajethi yokubonelela ngeenkonzo ezisisiseko zamatyotyombe angacwangciswanga.
Ngenxa yobungakanani bomonakalo obangelwe luqhankqalazo kunye nokonakaliswa kuya kufuneka ukuba athelekelele, umasipala ukuthintela ubuncinane.
BUDGET BACKGROUND NOTES
The Medium Term Revenue and Expenditure Framework (MTREF) compiled for 2017/18 to 2019/20 to meet the requirements of particular to meet the following laws:
Ingeniso neNkcitho yoqikelelo, uhlengahlengiso olunxulumene nokunyuka kwamaxabiso ngonyaka asebenzayo kwi-Medium Term yeNgeniso kunye sikhokelo seNkcitho sithathelwe ingqalelo.
Imingeni ephambili esidibene nayo ekuqulunqeni i-Medium Term yeNgeniso kunye nesikhokelo seNkcitho-mali 2017/18 zishwankathelwe ngolu hlobo lulandelayo:
IINGONGOMA EZIPHAMBILI ZEBHAJETHI
Ingeniso yokuyisebenza ukunyuka ukusuka R496 117 million ngo 2016/2017 ukuya R541 185 million ngo 2017/2018. Oku kwande nge-9%.
Iindleko zokusebenza zinyuke ukusuka R476 067 million ngo 2016/2017 ukuya R498 831 million ngo 2017/2018. Oku kwande nge-5%.
Intsalela ebhajethelwe u-2017/2018 yi- R42.355 million xa kuthelekiswa R20 050 million ngo 2016/2017.
Ukwanda kwebhajethi eyinkunzi okanye R79,336 million ngo 2016/2017 ukuya R89 557 million ngo 2017/2018. Oku kwande nge-13%.
Ingeniso evela kwiirhafu phantse nge R11 million ukunyuka (13%), imirhumo kwiinkonzo phantse R7 million (3.5%), izibonelelo zokusebenza nge- R2 million (1.5%) kunye nemali yesibonelelo phantse R16 million (34.8%).
Unyuko lwenkonzo zikaMasipala:
Igalelo le-avareji yenyanga eziya kukunyuka kumakhaya afikelelayo kwikonzo kunye nabanengeniso ephakathi, iqikelelwa ukunyuka ngokulandelelana 6.3% ne 6.6%.
Akukhange kube lula ukulungisa ibhajeti kwaye le nkqubo inobungcali obubodwa, kuthabatha umsebenzi onzima nokuzinikela
Lonto yenze ukuba sicinge ngendlela entsha
Ndicinga ukuba IDP kunye Nebhajethi yethu esiqulunqileyo zibonisa umdla kurhulumente olungileyo, umasipala kunye noluntu lwethu ngokubanzi.
Olu luyilo lwebhajethi kwaye inoqwalaselwe kwakhona kwaye ulungiswe.
Le bhajethi izakupapashwa ukulungiselela amagalelo oluntu kwaye ndiyathemba ukuba bonke abahlawuli berhafu nabafumna uncedo baza kuyifunda.
Umasipala uya kwamkela izimvo, kwaye unika isiqinisekiso sokuba zonke iingcebiso kunye nezicelo ziya kuqwalaselwa phambi kokuba ibhajethi yokugqibela ingeniswe kwiBhunga ukuze ivunywe.
Ndibulela umanenjala kamasipala obambeleyo kunye neqela lakhe ngomsebenzi obalaseleyo ukuzalisa ibhajeti kwaye ilungelelana. Ndibulela kwiKomiti yam kunye neBhunga ngawo wonke amagalelo kunye nomsebenzi onzima.
Ndiyambulela uBawo wethu waseZulwini ukuba ngokuba asibonise indlela kwaye xa egekho akukho nto ngaphandle kwakhe. Ndiyamdumisa
Somlomo, ngoku ndingenisa ibhajethi ukulungiselela upapasho kunye namagalelo oluntu.
Ndiyabulela
Ceba Christelle Vosloo
USodolophu